Wat ‘n jaar

Wat ‘n jaar. Jissie. ‘n roller coaster van emosies, stuff, gewig, werkstres, en nog stuff.

Sjoe. Waar om te begin.

Ek het laasjaar net so voor my laaste blogpost ‘n life-coach begin sien, en ek is nog ‘n work in progress. Ek het ‘n paar kg verloor en oor desember weer ‘n paar opgetel, maar is darem weer ‘n paar af. Mag hierdie jaar die jaar wees wat ek uiteindelik weer uitkom by pre-baba gewig ;) . Ek en André is deur ‘n wipplank van emosie en stres en stuff in ons huwelik, maar somehow is ons ook weer ok. Vian het kleuterskool begin en flankeer met al die juffrouens. Hy het ook sy kop oop gestamp in die sandpit by die skool teen ‘n baksteen muurtjie se rand, en na drie weke, en, drie keer se narkose en hope stres van mamma se kant af, is hy ook weer ok. Xander het groot skool begin, hy is nou in gr R, en het my totaal en al verras met hoe goed hy aangepas het.

image

Ons was see toe november laasjaar, en ek het ‘n nuwe besigheid begin. Ek en my vennoot Talita het elkeen nog ons day jobs, so Cherriheart vat partykeer nog backseat, maar ons bou daaraan. En ons leer elke dag ietsie nuuts. En stres. Maar ons sal bo uitkom!

Ek en Tandi was Red Hot Chili Peppers toe, saam met ‘n klomp vriende en dit was super baie pret..

image

En ‘n jaar later is ek nogsteeds besig met my transformation van ‘n kaalvoet hippie kind na ‘n kaalvoet hippie vrou. Ek het altyd gedink die oomblik wat ek my eie kids het sal ek uiteindelik soos ‘n grootmens voel, en toe nie. Ek voel nog steeds soos ‘n kind. Maar ek moet partykeer dink soos ‘n vrou. Dus vanwaar die hele transformasie desire kom. Die ou ek, net beter, nicer, slimmer en ouer. Die laaste paar jaar was ‘n warrelwind, en ek dink my kop het skaars bygehou, so dis ‘n fantastiese gevoel om stadig maar seker my kop weer by lyf te probeer uitkry. Om weer heel te voel. Nie dat ek nie heel was nie, maar met kinders kry kom min slaap, en meer werk en meer stres en minder tyd en voor jy jouself weer kan kry, vra jy jouself (in die woorde van die Pixies) – Where is my mind…

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>