Lekker gelag

Vanaand toe ons in die bed klim, ek en die kids, toe begin die gesprek weer oor waar is oupa Kappie. AndrĂ© se pa wat in Februarie oorlede is, en ‘n baie teer punt by my oudste, want dit was sy *favourite oupa*. (gelukkig verkies my jongste my pa, so all good) ***nie dat dit ‘n kompetisie is nie! Hou net van dinge gebalanseerd.

In elk geval, so X vra my of oupa regtig by Liewe Jesus is, en ek antwoord ja. En nou begin die twee vrae vra oor my ma, wat 14 jaar terug al weg is na Jesus toe. So gesprek gaan so…

X: is ouma Rita ook by Jesus?
Ek: ja, my liefie, sy en oupa kuier nou lekker saam en drink tee.
X: of bier?
Ek: maybe, maar my mamma het meer van tee gehou.
V: is ouma Wita wegtig by Jesus?
Ek: ja my skat, ek belowe. En sy is in ons hartjies. Dis nou slaap tyd, kom, ogies toe
V: maar ouma is dood soos oupa?
Ek: ja, maar slaap nou!
V: mamma, is ouma nou ‘n zombie????

Maak dit my ‘n zombie as ek hom wil opvreet van oulikgeit??

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>