Ek eet PAPPA slakke

My seuns is obsessed met goggas en slakke en akkedisse vang. Eeeeeeeeuuuuuuuuuuwwww

So nou die dag het oudste ‘n hele bak vol baba slakkies wat hy oral ronddra. Toe ek die volgende dag nog steeds die arme slakkies in die bakkie sien buite op die stoep, toe gooi ek maar almal weer in die tuin in.

En natuurlik daai middag na skool hardloop hy direk na leĆ« bakkie toe, en wil verontwaardig weet waar al sy slakke is… *ek dog toe ek gee ‘n baie slim antwoord

Vanmiddag het my sussie hulle kom haal, hulle gaan heel middag daar speel, en dan vanaand oorslaap (kid-free aand = PARTY!!!!!. O… WAG. ek moet werk. Dammit)

So hier is die gesprek wat blykbaar vanmiddag by haar huis plaasgevind het:

Vian: kalin kalin kyk hielie slak.
Karin: nee sies!
Vian: kalin kalin kyk die slak!!!
Karin: nee eks bang
Xander: my mamma is nie bang vir slakke nie. Sy eet baba slakke.
Vian: ek eet PAPPA slakke!

*ek belowe ek eet nie regtig slakke nie, dit was regtig net ‘n grappie. En ek hoop met alles in my dat Vian nie baba slakke weeskinders maak nie

Xx

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>