RIP

Ek het jou in my standerd 9 jaar ontmoet, ek naief en onskuldig, jy so paar jaar ouer, met dieselfde van as ek, ons pa’s wat die foon dieselfde antwoord, met presies dieselfde stemtoon, bly ‘n paar neighbourhoods van mekaar weg, in hoerskole wat al die jare nog vyande/vriende is. Wel ek was toe nog op skool, jy het lankal daarvan vergeet. Ek ‘n band groupie, jy ‘n rockstar. Of altans afrikaanse Suid-afrika se weergawe daarvan.

Telke male aande om gekuier by Fridge, geskaterlag, gedans, ek en jy en Annami en At vir ‘n naweek Malopo toe, na ‘n groot gelieg vir die ouers. Vreeslik baie pret gehad, baie gelag, goeters gerook, wyn en bier gedrink, nog gelag.

So het ons vriendskap aangegaan, pret en plesier, foonoproepe, geselsies, kuiers, tot dit in een aand na iets meer gevorder het, en toe sommer summier kind of geeindig het.

Ek het jou telke maal weer by oppikoppi of fridge of wherever raakgeloop, bietjie gechat, maar die magic was weg. Of miskien was my onskuld weg. Het ek effe meer sinies geraak oor als en nog wat. Nie kwaaivriende as sulks nie, net nie meer goeie vriende nie.

Jare later loop ek jou weer raak by Tokyo Star, en amper herken jy my nie eers so gedrug of gedrink was jy. Dit was toe al die begin van die einde. Ek het daarna aan iemand gemention wat gebeur het, en toe al was die grapevine dat jy op soek is na die dood.

Wel hier vandag het dit toe gebeur. Jy is blykbaar vanoggend 1:45 oorlede. Mag jy vrede hê, en mag jy oproer maak onder die engele met jou verwery en musiek maak.

Vroeg vanoggend het ek geen emosie oor die nuus gehad nie, maar hoe later in die dag dit geraak het, hoe meer het ek besef jy het tog ‘n groot impak op my lewe gehad het, jou vriendskap vir daai jaar, en jou vriende se vriendskap vir so rukkie daarna nog, was special. En julle musiek was my anthem vir so ruk. Ek het net goeie memories van daai tyd.

RIP. Mag jy vrede hê.

Totsiens ou maat.

Xx

Posted from WordPress for BlackBerry.

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

One Response to RIP

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>