oulike kind

Gisteraand, toe ek langs Xander lê dat hy kan slaap, toe vra hy hoekom ek elke aand langs hom lê? “Want mamma is lief vir jou!” Is my antwoord toe, nee, sê hy, nee man mamma, dis oor ek bang is!

Sal my leer, ek moet eerder die waarheid vertel!

Xander en Clive, sy nefie, is beste beste maats, hulle kan nie genoeg van mekaar kry nie, en slaap dikwels oor bymekaar, bad saam, lag saam, wees stout saam.
Die ander aand in die bad hoor ek hulle praat die heeltyd van “knuckles”, en toe ek Xander nou die dag vra wat is knuckles, antwoord hy: “mamma weet hierdie balletjies hier by my tollie? Dis knuckles!”
*skaterlag*

Vian is die stoutse kind wat ek nog teegekom het, nou die aand in die bad slaan hy Xander oor die kop met sy nat waslap, “NEE Vian!” En ek piets hom op sy boud, hy kyk vir my, lag so ewe lekker, en doen dit net weer!

Posted with my beloved blackberry

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

One Response to oulike kind

  1. Ag goed om weer van jou te hoor – te oulik man!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>