dis weg!

Ek het begin met ‘n post oor brazil, en dis weg! Toe ek nou wil aanskryf, toe’s dit net weg! Dammit. Seker vergeet om te save, stupid stupid ek.

In elk geval, ek sal nou maar seker moet oor begin.

Ek suck met hierdie hele blog ding, en ek het besef dis oor ek probeer in engels blog, dit werk nie vir my nie. Ek’s afrikaans, ek dink afrikaans, ek praat afrikaans, ek vloek afrikaans, fok, ek gaan nou blog in afrikaans ook.

So deal with it. Reg so?

My liefste liefste jongste boetie dreig al jare om vir my ‘n vliegkaartjie te koop Brazil toe. Maar eers het ek swanger geword, en toe het ek ‘n pasgebore baba, en toe die jaar borsvoed ek nog. Maar…hy sê toe hy gaan nooit weer die geld hê hiervoor nie, so of ek kom kuier die jaar, of ons los dit. Nou goed, dan sleep ek net baba en boob saam. Maklik.

Ek en Vian het die 10e Junie gevlieg, 10:45 in die oggend, en ek was heel kalm oor die hele dag-vlug-met-’n-baba-ding. Tot ons so 3 ure in die vlug in is, toe’s ek reg om die vliegtuig te hi-jack en self terug te draai! Sjoe, dit was hectic. 10 ure op ‘n vlug met ‘n huilende baba, en die huilende baba huil amper nooit andersins nie! Daar was ‘n paar dames wat probeer help het, en dit het hom besig gehou vir so wyle, maar mens kan ook net soveel rondstap in die dun gangetjies, né? Elke keer wat ons weer gaan sit het, het Vian weer begin skree. Lovely.

10 (lees 10000) ure later land ons in Sao Paolo, en vlieg deur paspoort kontrole, kry ons tasse, en voila! Ons is amptelik op vakansie! Soos ons by die deure uitstap sien ek vir Berrie, en al wat ek wil doen is my kind oorhandig en rook, rook en nogmaals rook. Maar Vian huil toe sommer weer vir die vreemde oom met niks hare, en ek moes hom summier terugvat in my arms.

Die rit terug na Berrie’lle se woonstel was redelik lank, Vian het niks van die karstoeltjie wat Berrie gereel het gehou nie, so toe hou die skreeuery sommer net aan.

Ek was doodverlig toe ons uiteindelik in die woonstel is, met baba rustig, met ‘n sigeret en ‘n glas rooiwyn in die hand. Slaak van verligting!

Daardie eerste aand wou Berrie my ‘n bietjie bederf, en ons almal (Berrie, ek, Vian, Livia-Berrie se vrou, en Livia se ma, sussie en boetie) ontmoet toe by ‘n sushi restaurant. Dis so cool, in Sao Paolo is als naby jou, oorkant Berrie se flat is ‘n supermark, om die draai ‘n blok weg is ‘n park, of die Mall, en twee strate weg is ‘n hele straat vol eetplekke. So ons het sommer afgestap Restaurant toe.

Sushi…mmmmmm…ek het nie woorde om te beskryf wat daardie aand met my smaak sintuig gebeur het nie. Dit was sushi-rodizio (spelling?), so vir ‘n sekere prys eet jy tot jy bars. En het ons geeet tot ons bars! Dit was heerlik! Rustig gekuier, ‘n caipirinha gedrink, en toe huiswaarts gekeer.

Brazil is so 5 ure agter Suid Afrika, so Berrie het voorgestel ek bly wakker tot hulle middernag, dus my 05:00 in die oggend! Gedink dis makliker gesê as gedaan, maar toe nie! Vian het so (hulle tyd) 21:30 finaal aan die slaap geraak, en ek kon (hulle tyd) 23:30 nie meer my oë oophou nie, maar het heerlik vas geslaap, en die volgende oggend toe is ons ook amptelik op brasiliaanse tyd :)

Die saterdag het ons rustig ontbyt geeet, en toe is ons vort na die Internasionale skool waar Livia werk. Hulle het een of ander fees aangehad, Festival of June, waar almal soos cowboys aantrek, en die kinders allerande danse doen. Vreeslik pret gewees, net soos ‘n regte skool kermis. Daarna is ons na ‘n Mall toe vir koffie, en dis ‘n heel nuwe storie daai!

Koffie in brazil is hemels! Of jy nou gewone koffie, espresso of cappuccino drink, dis amazing! Dit is net soveel smaakvoller as die koffie hier, en daar is altyd of sjokolade of kaneel by cappuccinos, so dis ‘n moerse treat!

Daarna is ons na vriende van Berrie toe vir ‘n braai. En het ons heeeeeerlik geeet! In Brasil begin hul sommer vroeg vroeg braai, en soos hul iets klaar gebraai het, word dit opgesny en op platters aangestuur, so almal eet van almal se vleis en wat nog, en almal peusel heelaand. Hulle het sulke kasies op stokkies vir die braai ook, proe amper soos haloumi, AMAZING!! As ek kon het ek ‘n hele tas vol teruggebring!

Die sondag was ook ‘n lekker rustige dag, met lunch by Livia se ma se plek, met die ouma ook by wat nie kan verstaan hoe ek nie portugees kan praat nie! Was baie komieklik om te sien hoe verstaan ons mekaar tog met sign-language en gebare en gelag! Livia se ma maak die beste gebakte aartappels ooit, sy strooi net so bietjie peri-peri poeier oor, genugtig, maar dis lekker!

Die sondag aand het Berrie ‘n paar vriende oorgenooi vir ‘n lekker kerrie, dis nou een ding wat my boetie super goed doen, en dis kook! Sy kerrie is bekend onder al sy vriende! Phil, ‘n kanadees, en Roger en Fabia, Roger is van engeland ek dink, en Fabia is brasiliaans, en hulle dogtertjie Cecelia, omtrent Vian se ouderdom. Net ‘n lekker aand van lag, gesels, eet en drink. ( En rook by die venster uit, die woonstel het nie ‘n balkon nie, so vir elke liewe sigaret moes ek by die venster uitleun).

Die maandag het Berrie my na so shopping district toe gevat wat baie is soos ons China Malls, cheap goed vir goedkoop ;) . Ek het lekker baie speelgoed vir Xander kon koop, en gedroogde mango’s vir Vian, (daar is ‘n vars produkte mark ook daar), en kombuis utensils, goed wat mens nie hier kry nie, of altans nie so maklik hier kry nie. Ons is toe terug na hulle woonbuurt toe, en het gaan lunch by die Padaria, dis soos ‘n deli/coffeeshop, elke hoek in Sao paolo het een! Die res van die dag het ons net rustig verkeer.

Dis dit vir nou, sal spoedig ‘n tweede (en derde en vierde en vyfde) post moet doen!

My eerste paar daggies in Brasil :)

Posted with my beloved blackberry

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

2 Responses to dis weg!

  1. Louisa says:

    Klink lekker! (behalwe vir die moerse lang vlug)

  2. Sjoe, daai vlug moes ‘n nagmerrie gewees het, maar die res klink wonderlik.
    Weet jy,mens skryf waarin jy gemaklik voel – eintlik moet ek seker ook in Afrikaans doen, maar met die engels werkery dink ek al in Engels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>