brazil, die eerste dinsdag en nog wat.

Soooooooooooo…die hele trip was beplan om ‘n moerse troue waarvoor ek gebook was, en ek moes ‘n week voor die troue terug wees, maar dit veroorsaak toe dat Berrie en Livia nog moes werk die eerste week wat ek by hulle gekuier het in Sao Paolo. Ons vakansie tye wou net nie so lekker overlap nie, dammit! Die ergste is, toe al die vliegkaartjies nou eers bespreek en betaal is, toe kanselleer die bruid die troue! Fok.

Whatever.

So die eerste dinsdag daar is ek toe die oggend lekker loshotnot, Berrie het engelse klasse om te gee, en Livia is by die werk. Ek beplan toe ‘n lekker rustige oggend, na ontbyt en shower, dan sal ek Vian laat slaap, terwyl ek Californication season 4 kyk, en na naptyd sal ons afwandel Mall toe. Ha. Ha. Ha. Hier slaap Vian toe die heeeeeeeeeeele oggend! Van so 9:30 tot 12:30! Toe sit ek maar en kyk tv die hele oggend, lekkerrrrr.

Na lunch toe is ek en Berrie en Livia vort Mall toe, fok, maar goed is duur in Brasil! Daar was sulke kousies met rubber sole vir Vian, R$70, maal dit met 4.26? En jy kry R298.20!!! Nee wat, daar het ek amper niks gekoop nie! Na die Mall besluit ons toe om ‘n drankie of twee,(of drie) te gaan drink in die restaurant straat, sit toe lekker buite, langs die straat, drink ‘n margarita, en chat net lekker. Berrie moet toe weer klas toe teen so 18:00, toe gaan ek en Livia Si Senore toe, so mexican plek, vir nog margarita’s en peuselhappies. Heerlike aand, met heerlike geselsskap, en woelige Vian, wat maar net wil stilsit nie!

Die woensdag het ek en Berrie die oggend besluit om die baba-carrier-backpack uit te probeer, ons wou sien of dit handig te pas sou kom vir die volgende week se travels. Ek het my Kango pouch saamgevat, en Berrie het ‘n stroller vir my by iemand geleen, en ek het die backpack gehad, maar mens wil nie met te veel bagasie rondvlieg en travel nie, so toe durf ons ‘n stappie af na die park toe aan, net om te kyk of dit enigsens sin maak om dit saam te vat Rio toe. (Dis cool as iemand anders die backpack (lees Berrie) aanhet, dan kan ek sien wat met Vian aangaan, nie so cool as ek die backpack aanhet, en ek kan nie my kind sien nie). Ons vat toe ‘n stappie deur die park, en ander kant uit, Berrie noem toe dat ek nog nie ‘n bier net so op straat gedrink het nie, en in Brasil is dit wettig, en niemand sal ons snaaks aankyk nie. Ok….wel, raai wat, dit was 10 uur die oggend, ons kon koue biere koop by ‘n garage winkel (hulle verkoop harde hout ook!), en niemand het ons snaaks aangekyk nie! So loop ons toe deur die strate, lekker in die sonskyn, drink bier, gesels oor ditjies en datjies, en soek ‘n supermark. Die supermark was ter ere van Vian, Berrie het besluit ons moet droëwors maak vir hom (en ons) om aan te peusel as ons travel. Dis nog een van boetie-lief se vele talente! Koop toe ‘n kakhuis vol vars vleis, sê mens vars vir vleis?, wat die slagter toe sommer vir ons maal, en nog twee biere, en kry toe ‘n taxi terug huis toe. Ja, alweer hulle flippen cool public transport, iets om van naar te word!

By die huis spring ons toe dadelik in om die droëwors te maak, dis nogal ‘n messy job! Meng als lekker deur met die hande, en begin stop. Intussen kom Livia ook tuis na werk, help ons stop, toe eet ons vinnig lunch, en toe’s ons vort middestad toe, ja, jy raai reg, vir nog shopping! Niks daar gekry nie, maar toe is ons net betyds om op die hoogste gebou in Sao paolo ‘n draai te gaan maak, o, o, o, wat ‘n view!!!!

So ver as wat jy kan sien, en dis veeeeer, net geboue, en geboue en geboue! Ek kon eers rerig toe ‘n gevoel kry vir hierdie enorme stad waarin ek myself beleef. Dis HUGE!!!

Na ‘n klomp foto’s, en bietjie rus op die rusbankie is ons toe na ‘n coffeeshop vir espresso, en iets vir vian om aan te peusel. In brazil het hulle orals hierdie kaasrolletjies, pao do queijo, en Vian was mal daaroor! Berrie ook, siende dat hy elke keer al Vian se leftovers geeet het!

Die donderdag het Berrie die hele middag na Vian gekyk sodat ek en Livia kon gaan shop! (Dit klink asof ek net geshop het heeltyd, nè?) Ek en sy is vort, op die subway nogal, na die area met al die baie baie cheap winkels waar en en Berrie maandag was, want ek wou ‘n braziliaanse lapwinkel gesien het. O, wat ‘n fees vir my oe! 8 vloere van lap, lap en nog lap! En hul verkoop by die kg, nie by die meter nie! Ek moes myself inhou! Het 4 stukke lap gekoop, en kon BAIE meer gekoop het! Wonderlike stretch prints, goeie kwaliteit, wat meer wil ek he?

Daarna het ons ‘n taxi gevat na Rua Augusta, een van die bekendste shopping strate, om na bikini’s te kyk (ek wil graag begin bikini’s invoer, enige verskoning om weer te gaan;)), en ons is ook na die Havaianas winkel toe, om vir my plakkies te koop, en ‘n hele paar pare as persente ook. Toe het sy my paulista toe gevat, ook ‘n bekende straat in brazil, een van die oudste besigheidsstrate. Na ons bietjie op en af gewandel het, het ons om die hoek gestop vir ‘n welverdiende originale, yskoue bier wat in ‘n GROOT bottel kom, met klein glasies, en wat mens dan so deel. Berrie word toe ook gebel, en ons het afgespreek om by ‘n ander kroeg te ontmoet oor so halfuur.

‘N paar blokke verder, en ‘n halfuur later, hier wag Berrie en Vian ewe gedwee by ‘n kroeg vir ons, ons sit toe eers en drink nog ‘n paar biere, en toe stap ons voort na ‘n restaurant wat meat-rodizio aanbied. Sooooo, hoe dit werk, is daar is ‘n buffet met slaaie, en koue vleise en pasteie, en ook ‘n nagereg buffet, en dan vir main meal kom die kelners by die tafel om met hompe, hope en platters vleis, kerf of skep vir jou ‘n paar stukke van elke snit, en mens eet en eet en eet en eet. Sjoe. Ja. Eet en eet en eet!

Wonderlike rustige heerlike aand, afgesluit met nog ‘n wyntjie by die huis, en toe slaaptyd :)

Dis dit vir nou, die volgende week verdien ‘n post op sy eie, want die vrydag het ons Rio toe gevlieg!

Posted with my beloved blackberry

This entry was posted in Ramblings. Bookmark the permalink.

One Response to brazil, die eerste dinsdag en nog wat.

  1. Sjoe kyk, dit klink wonderlik! En nie net na shop nie, maar na lekker kuier ok.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>